For The People

Die Score van Krieket en Liefde

Ek was al een keer in my liefde verlaat. Nee, rêrig. Ten spyte van al my pogings om ʼn feministiese mannehater te wees. Ten spyte van al die oorgroot jeans en mannerige hairstyles. Want ek het vroeg in my lewe besluit dis net dom, kinderagtige, naïewe mense wat glo in ‘gekys wees’ en so aan. Ons intellektualiste glo in boeke lees en content wees in ons woorde.

En toe ontmoet ek hom. Dis snaaks hoe ek geen naam hoef te sê nie en elke mens wat dit lees weet dadelik van wie ek praat. Heel waarskynlik net omdat jy aan jou ‘hom’ of ‘haar’ dink.

Maar in elk geval- ek was op hoёrskool en jonk en naïef. Kom ons judge nie mekaar nie.Hy was baie mooi en kon woorde in ʼn volgorde sê wat sin maak. En daar is ook geen rekenskap wat ʼn mens kan gee vir so ʼn event nie.Geen objektiewe verduideliking oor hoekom ons vir die een en nie die ander val nie.So, dit was per toeval dat hy een van daai mense was. Daai’s wat heeldag praat oor hulle mags en wheel caps en GTI’s. Daai’s wat sour is as hulle krieketspan verloor, wat kinderagtig raak as ʼn ander outjie met jou praat. Daai’s wat baie mean is. Daai’s wat nie boeke lees nie.

Die verhouding het so ʼn paar sekondes gelast en gedurende hierdie tydperk het ek vreeslik Breyten-gedigte gelees en Taylor Swift songs geluister. Kyk, daar was rooiborsduiwe en lotus-blomme and then you’re on your very first date and he’s got a car and you feel like you’re flying. En toe word ek die meisie wat daai lirieke ken.( Die ou ek was nie baie impressed met my nie)

Maar toe die verhouding nou uiteindelik tot ʼn einde kom was my hart stukkend en my muse weg. Ek kon nie praat nie, maar daaraan was ek gewoond. Ons skrywers skryf mos maar oor ons nie kan praat nie. Ek kon net ook nie skryf nie! Ek wou hom skryf in die oop bladsy van my treurigheid, soos Ingrid sê. Een wat gaan oor hy wat my nie terug life wou hê nie. Of hy het en toe hou hy op en dis slegter as wat hy jou nie lief gehad het in die eerste plek nie.

Nou dis nie uncommon vir my om ʼn gedig oor ʼn outjie te skryf nie. Ek het een keer ʼn gedig geskryf oor n outjie wat voor my in Bio gesit het en my vir ʼn tissue gevra het. My redenasie was- vandag is dit ʼn tissue, more my ‘hand in marriage.’ Maar met die gedig oor die outjie het ek myself in die oё gesit, want almal het dit gelees. A.k.a awkward…

Lees tog maar vir Hamartia, ja dit gaan oor hom bla-bla-bla, arme kind se arme hartjie.Maar hy het iets gesê wat ek nie verwag het van iemand wat net-net woorde in ʼn volgorde kan gooi wat sin maak nie. Hy’t gesê as mens dit lees, dink jy elke versreёl is gevul met my pynlike verlies.Maar dit is nie. Hy sê die enigste rede dat mense wee thy bestaan is omdat ek hulle vertel het.Omdat ek noble genoeg was om woorde te gooi wat soos hy ruik. En as ek weer die gedig lees moet ek oplet hoe elke reёl skree van sy verlies. Dit was baie mooi gestel en ek het gevoel of ek ʼn verskil gemaak het en dat daar hoop is vir Suid-Afrika.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.