For The People

Gertie Girl’s Hair Salon

“Nog nooit vat ek ʼn mooi man nie, my skat. ʼn Mooi man is almal se man. En pasop lat hy wit skoene dra. Manne met wit skoene is jollers!”

Gertie Girl is my favourite hairdresser.

“A hairdresser is a magician, a technician, of the complexities of a girl’s best asset.”

Sy’t die haarsalon Gertie Girl’s genoem, maar sy was nie altyd Gertie Girl nie…
Maar nou ek maak seker dat ek elke saterdag ʼn afspraak het by Gertie. Of dit nou is vir ʼn relax, ʼn perm of ʼn was en blow, by Gertie saterdagoggend is ek. Want elke vrydagaand was sy weer by ‘ʼn hell of ʼn party’ dan word my dak weer sit-sit uitgebrand. Volgens my ouma brand iemand jou dak as hy jou vrot belieg.

“Whoo, jirre girl, was ek vir jou by ʼn hell of ʼn party gisteraand. Toe lyk ek mos weer daai nuwe mooi. Watch out Beyoncé! Ek’t vir my soft curls gemaak, gold earrings. Jy ken mos hoe smaak ons. En waar bly my red lipstick nou agter? Ek is dan Marilyn Monroe. My pantyhose aangesit, nee girl, dis nie China shop pantyhose nie. Dis by Foschini gekoop. Koekies het weer gedink sy kom lyk die mooiste. Kanallah, my ma se kind, sy’t warme kak gepraat!

Lalla kom laai my aguur op. Ek stap nie, my vriende het voertuig, ek hang voetjies. Eight till late. Ons maak weer elke tavern toe. En die klas wyn wat gedrink word is mos NIE vir manne met dun kopvelle nie. Toe-skit-ek-my-bi-skit!
Hoe loop ons ons nie vas toe ons by Glen’s kom nie. Ek stap nog so in, toe sê Lalla vir my, ‘Vriend, jou eyelash!’ Toe kruip ons vir jou op daai vloer en soek my eyelash. Want ek lyk mos darem TE fresh om net een in te het.

Vriend, op daai warm spoor word ons geambush! Van sien jy, ek’t laas vir Glen se vrou gesê sy moet ophou so die extensions dra. Sy lyk nogsteeds soos ʼn hotnot. ʼn Hotnot met ʼn goue sterretjie op die voorkop!

Ken jy wat is hol vir jou life? Toe skop ek my stilletos uit. Darem het ek nogemals tot standard vier atletiek gedoen. Want toes wat ek by die huis kom, toe is my pantyhose nie weer pantyhose nie. Toe’s hulle tights!”

Dit is nou my weeklikse bron van vermaak. En almal in die haarsalon huil soos hulle lag so tussen deur die relaxer dampe en die Brenda Fassie en die Judy Boucher vir Gertie se verhale.

Maar Gertie Girl was nie altyd Gertie Girl nie. Hy was eens op ʼn tyd Gertjie Boy. Gert Willem Abrahams. Na sy dêdda vernoem. Straighter as die pad na die night club in Bergsig. En was hy nou vir jou ʼn player. Die panties het agter Gertjie aan gehol, aan hom gekleef soos nat lollipops. Gesê Gert knows HOW to handle the chickas.
Totdat Gertjie vir Abigail Andrews gemeet het…

Abigail met die lang koelie hare en die grou oё. ʼn Oulike doll, te poenankies, die flop is net sy’t dit geweet. Die rumors loop reeds hy’t op háár kop hare agtergekom.

Gert het vir dae, weke, maande lank vir Abigail gechise. Finally het hy gesucceed en dit het gelyk of hy sy fairytale kry.ʼn Ring gekoop, als. Maar die lewe het mos maar altyd ʼn wending.

Abigail se oё was te groen om nie te dwaal nie, glo die binnekant van elke man se kar goed geken. Met sulke bloedrooi lippe wat al wat broek dra seduce. Ou sawwe Gertjie was seker nie mans genoeg vir Aby nie. Hy’t net een vrydagaand na werk by die huis gekom toe is daar nie ʼn Aby nie. Nie eers die hond gelos nie, sleg myt. Kamma net ʼn briefie op die fridge,’ kanie meerie, liefde Aby.’

Turns out ʼn mooi vrou is ook almal se vrou.

Van daai dag af is Gertjie Boy Gertie Girl en speel hy die circus clown laat ons nie moet sy trane sien nie.
“Whoo jirre girl was ek vir jou by ʼn hell of ʼn party gisteraand. De way daai bitche aangaan lyk hulle het nog nooit ʼn moffie gesien nie. Toe drop ek dit!”

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.