For The People

Ligsinnige land

Suid- Afrika kan darem one vat van alles. Kyk, die hele besigheid met Uyinene en Amy-Lee en al die ander slagoffers van geslagsgeweld én die xenophobic attacks deur die hele land, is n verskriklike ding. Die land is onder bloed. Die land treur. Julle maak asof julle nie almal van vrouens af kom nie. En julle maak asof julle nie almal n Friendo kombers besit nie. Almal weet niks maar laat jy so verslaap op n winter oggend soos n friendo kombers nie. Julle maak asof ons mekaar moet haat en dood maak.

 Maar onse land is mos soos n klomp kleurlinge wat after tears hou, die graf is nog nie eers gesak nie da word dit alweer gekoggel oor Suster Lien se lang toon naels of Patrys wat kamma so geflou het en moes gelawa word want sy’t geflou en toe sien almal sy gatjie panty. So n land is ons, wat lag. Ons is ook maar lekker ligsinnig, en dis vreemd vir n land waar Eskom so probleme gee.

Nou as n vrou het ek die afgelope paar dae waarlik getreur oor wat aan gaan in die land. Was ek kwaad vir die mans wat kwaad word as ons sê hulle is trash, was ek kwaad vir mense wat swart aan trek en rou net vir hulle social media platforms, was ek kwaad oor ons moes aan gaan asof niks gebeur het nie en werk toe en skool toe en Universiteit toe gaan asof ons nie almal iemand ken wat al verkrag is nie, asof ons nie self al verkrag was nie, asof al die gebeure nie baie traumaties is vir enige mens nie, nie eers gepraat van vir vrouens nie.

Maar julle, ek wil nie vir julle lieg nie, ek het die tyd ook gelag. Hard gelag. Laat my maag pyn. En toe voel ek baie skuldig want n mens weet nie of jy mag lag as jy treur nie, maar julle het my laat lag man. Watse Boko Haram challenge besigheid is die nou? Ek sien die Noord-Kaap het vir Boko Haram n brief gestuur wat pleit da thy hulle nie moet straf vir Suid-Afrika se sondes nie, signed “Noord-Kaap in Namibië”. Julle laat lag my man, ek hoor “Boko Haram we are sorry, Boko Boko, maBokisto, Bokonaiza, Die bokkie man!” Nee, wag, julle is te ligsinnig.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.