For The People

Moenie verlief raak op n dromer nie

Is dit waar dat n mens nie moet verlief raak op n dromer nie? Ek meen, ek hoor Kenny Rogers praat die goed, maar is dit waar? Is dit nie maar die moeite werd om die punch van die slegte te vat net sodat jy die goeie kan he nie?

Sy, soos baie ander meisies voor haar, en baie na haar,  was aangetrokke tot hulle. Soos die overdone cliché moth to a flame. Dromers.  Daai wat create, sonder n pawiljoen vol mense soos wat die sportmense geniet. Sonder daai applause na elke wen. Die hand op die skouer elke keer as jy verloor.  Dis elke dag hulle alleen met hulle eie gedagtes. Dis elke dag hulle en hulle eie demons, hulle eie trane. Hulle wat jou kan op bou net om jou stukkend teen die muur te gooi.

Dit het alles begin toe sy hom sien agter n klavier sit, in vervoering. Asof niks anders belangrik was nie. Asof die note tasbaar onder sy vingerpunte en voor haar geword het en sy aan dit wou streel. Sy’t by hom geleer van Sinatra en Bowie en Nina Simone, en ook Beethoven. Sy’t by hom geleer wat dit is om mal te raak- om in one way strate na die aankomende verkeer te ry, om coke bottels in garage winkels te skud en oop te maak , om dagga te rook agter kerke waar die diens binne aan die gang is.

Om een dag in n bos te stap en die wolke in die oop blou lug te kyk. Elkeen het soos iets anders gelyk, n voeltjie, n sker, n kar. Sy wou in klim en vir ewig weg ry met hom. Sy wou dink soos hy dink, sien wat hy sien. Hy wat weet van ander werelde wat opgesluit le agter bome, wat lei na ander dimensies, hy weet van taal, lyftaal, vinger taal, lippe taal. Hy wat weet van water wat vloeke kan afwas, van make believe tot hulle niks anders oor het as drome en drome nie. Hy’t geskree teen die vlaktes, teen God, en soms wou sy uit desperation saam skree, saam voel, nie so vlietend wees soos n muse nie.

Moenie verlief raak op n dromer nie, want jy moet een of ander tyd wakker word. En dis die ding met kunstenaars -daar is altyd n finale produk. Die komposisie word afgehandel, die lirieke kry n end verse, die song is volkome. En jy, as luistereraar, het niks anders oor as n song wat vertel van n tyd toe jy deel was van sy wereld. Jy word verminder tot vier minute op n memory stick. Maar ons raak verlief op hulle, op kunstenaars. Want kunstenaars vergeet nie. As jy een maal in hulle wereld in gestap het, sal jy vir altyd daar wees: as n herinnering, as n foto, as n song of n storie. Hulle verander jou in kuns. Hy was die beste fout wat sy nog ooit gemaak het.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.