For The People

Om te Loop Vote

Ek het sommer klaar geweet vandag gaan nie my dag wees nie. Ek het reeds dik naar opgestaan want ek wil nog bietjie die wingerdgriep afgelê het, mens moet mos die dag voor ʼn public holiday lekker die keel nat maak want jy weet nooit wanneer kom die droogte oor die land soos ʼn springkaanplaag nie, toe my oupa my so rof soos ʼn hoermyt wat met vuil wit Converse tekkies Squeezas loop se hare, kom wakker ruk. Dink ek nog dit gaan oor ʼn ernstige saak soos die gevotery of oor ek sy dagga uit sy Bybel uit gesteel het, jirre kantie die tikkop wat hier agter bly, Wayda se man, het ʼn pregnancy test aan my oupa verkoop en gesê dis ʼn stick met klomp movies op en die ou soek nou my laptop want hy wil heeldag movies kyk. Toe kon ek mos nou nie eers die man se nie, want hy gaan my vra hoe weet ek hoe lyk ʼn pregnancy test, so toe sê ek maar ek het die bluetooth van die ding aangesit so hy kan maar die stick weggooi.

Maar in anyway, ek het sommer geweet toe ek hoor dit word op ag Mei, die moffies se dag, gevote, dat die hele dinge skeef sal loop. Antie Saartjie se kind Curtis was reeds op ʼn ag Mei gebore en toe hy loop swot in die Kaap toe loop leer hy pruik dra en kom Curtisha terug. En vroemore toe is almal klaar gekit in hulle se groen-geel-en-swart, blou en rooi, hulle lyk skoon soos Teletubbies. Is Lala en Po goed, maar dit raak ook nie tyd vir Tubby bye bye nie.

Ons buurvrou, Sharlene, het glo besluit om nie te gaan vote nie, want Jonas is mos so laf-jaloers, hy’t haar laas election keer al om die huis gejaag oor hy voel die vote ink op haar duim is ʼn lovebite. So, ja die mense is omtrent spils as dit die tyd in Suid-Afrika is.

So toe ek nou op kom toe besluit my ma ek moet die jaart skoffel en die gras sny so asof die ANC karre wat verby ry my sal laai en skrop ou oor ek gedienstig lyk. En ek wil ook nog die DA mense wat so sms’e stuur, vra wil hulle nie sommer my lenings af betaal wat ek laas gemaak het toe ek nie ʼn plan gehad het vir Lucretia se twenty-first nie. Want ek kan mos nou voor die Here nie loop vote nie, die loan shark het nog my ID.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.