For The People

Pram gee

Hulle sê niemand dans so lekker in n tavern soos n klimyt wat sy kjeent by sy ma gelos het nie. En dis voor die een jirre waar, ek sal nie vir julle lieg nie. Dit smaak daai tyd jou rooi rokkie sitnog stywer en jou bier is nog kouer, hy smaak eentlik soos moedersmelk. Jy dans die hardste daai tyd, voorbok van die sirkel terwyl die mense om jou sing, “dis bietjie bietjie, maar dis baie, vat vat dis joune!” en jy is so happy jy sê glads vir Adrianus wat jou naam is, want jy weet die neighbours gaan weet as jou ma met jou klaar is.

Nou moet jy weet, is nie van aspris nie, ons wil ook net nou en dan ander geselskap het as Twirlywoos en Old Jack’s Boat en Paw Patrol goed, nou en dan voel ek ek kan myself in die spieel kyk en se, “jy’s die ma. Sit jou voet neer. Jy’t genoeg gehad van Marshall en Chase en die res van die pups”. Maar waar, die kind kry moss y sin by ouma en oupa. Da wil n mens mos ook net mens geselskap he en jonk wees.

Die een dag vra ek my ma of ek asseblief kan uit gaan, man kyk, die assignments is te veel, en die werk druk soos n paar nuwe All Stars, en mens smaak net relax. Toe se my ma ek heeldag weg nerens nie. Ken jy vir skoentjies onder die blad oor die hek spring? En woerts weg is ek. Maar dan loop ek ook nou wik-en-weeg, en loer kort kort oor my skouer. Later toe die wingerdwatertjies nou beginner in trek, toe let go ek.

En ek dans vir jou. Kyk ek is die hoofletter in die gespys, en die vibe is so lekker laat ek glad in my kop voel ek dans die nxaste en my crush hou my baadjie vas terwyl ek die moffies uit dans.

Toe ek mos da weer hoor, toe word My hartjie klop doef-doef sagter gesit en die DJ kondig af, “Samantha, jou ma is hier voor, sy se jy moet die kind kom pram gee!”

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.