For The People

Rook nie weer nie!

Een dag lank, lank gelede, toe wolwe nog kon praat, en besem stokke onse vriende was, en die watertoring af in die pad onse skool was, en toe ons fear factor in die bos gespeel het en die dam se vuil water gedrink het, toe sing ons nog, “appels op my kop, pere in my sy, ma kom kyk, hoe slaan die meide my…”

Daai jaar toe ry ons almal elke desember maand op onse fietse al om die blok, my fiets se naam was Chiano, en ek het op elf gesweer dit gaan een dag my kind se naam ook wees, imagine, en dan was daar altyd die een tuck shop antie wat vir al die kinders pakkies gemaak het met n Fizzer en lekkers en koekies (wat te veel na bakpoeier gesmaak het).

Ons het skelm die antie ouma hoedjies genoem, want sy’t al ewig n hoed op die kop gehad en omdat sy so suinig, daai antie sal n mens baklei vir n tien sent wat jy haar nog skuld, is het ons sommer later die Eienaam as n byvoeglike naamwoord begin gebruik. So as iemand nie wil las nie, jy ken mos daai mense, hulle gooi nooit nie, maar hulle is Absa, vandag, more, altyd saam, dan noem ons hom sommer ook n ouma hoedjies.

My poppehuisie man was altyd Devon gewees, en dit was die worst mistake wat ek kon gemaak het, want sy ma is een van daai anties wat as ons nonsense aan vang dan slaan sy ons almal en vat ons huis toe na my pa toe dan word ons almal weer by my huis geslaan. Anyway, voel ek en Devon nou ons gaan koop vir ons n pakkie gwaais by ouma hoedjies, want ons is nou groot by die poppehuisie, ons rook nou. Maar dan sê on sook nog eers my pa het my gestuur want anders piemp ouma hoedjies. Jirre, toe sy ma om die draai van hulle buitekamer waar ons speel kom, hier staan ons elkeen met n gwaai in die bek. Sy vat toe n gwaai by ons, steek hom rustig aan, en beginner gee vir elkeen gwaais. Ek vra nog ewe mooi, “hoe maak n mens met die goed?” toe sak die antie af, “vreet die goed. Julle like mos so sigarette!”

As ek jou sê ek en Devon het n pakkie sigarette opgevreet daai dag, Devon het gesweer hy rook nooit weer nie. Maar ja, dit was my eerste huwelik, maar die ding maak mos nou in Dream bar asof ek nooit sy baksteen kinders groot gemaak het nie.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.