For The People

Vandag se Vrou Wil Haar Man Kan Staan

“Som dinge was gemaak met die intent om geverloor te word, dat die loss van dit geen disaster is nie,” so sê daai poet-vrou mos. Maar ai tog, was dit nou vir jou ʼn disaaaster!
Daai vrou het my ʼn popeye gemaak.

Ken jy wat is elke week R60 Vodacom koop vir daai kind? Bos blomme goed. Toe hou ek my so romantic soos die jirre dit nie wil hê nie. As ons op die hoek by die kragboks gaan blom dan vat ek vir haar vetkoek, koop Chappies, heel romantic man.

En dié kind, sy like daai poem chandies. As ʼn man wil impress da, moet ek saam lees. En later toe recite ek ook al; “My allerliefste, ek stuur vir jou ʼn rooiborsduif, want niemand sal ʼn boodskap wat rooi is skiet nie. Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek weet al die jagters sal dink dis die son.”

Da hoop en bid ek maar die ouens hoor nie, want da hoor ek nou weer ek is ʼn moffiegat. Hulle sê reeds ek is onderdanig aan die panty squad.

Nou ek het nie ʼn flop met ʼn vrou wat haar man kan staan nie. Sy moet net nie op my kop wil staan nie, want my spikes gaan plat word en gel is duur, man. En ek gebruik nie Easy Waves nie, ek gebruik Studio 8.

Maar julle verstaan nie. Ek is nie hartseer oor sy my gelos het nie, ek is hartseer oor die way sy my gelos het. Ek en my braskap stap nog so aan oor die stowwerige strate, geduldig, gedienstig, gedwee…hier kom dié kind en sy lyk wet! Die hare is natglad uitgeblow, stywe jean, Carvellas. Die ouens maak ʼn sirkel om haar en hier breek sy uit: “Ek gaan nou ernstig wees met jou. Jy’s nie mature genoeg vir my nie.”

Bra, my hart en my plak was morsaf. Daai aand lees ek sommer haar poem-kak van die hartseer ‘karteer die kraters, dis verby, dis verby, dis…’

Julle moet ken ek het daai vrou alles gegee, tot my blou Tapout hoodie. Ek is sommer lus en ek loop baklei daai vroumens. Maar ek is maer, ek kan nie loop baklei soos ʼn man wat medical aid het nie.

Oukei, dis nou verby. Ons liefde het gesterf met die oggendstond en ek moet maar begrawe, bleek en stom. Ek het my eie poem geskryf. Sorry Eybers en Opperman vir dié crap;

“Liefde het gevrek
In die dinosaur se bek”
En ek loop wys môre daai myt wat is immature. Ek loop haal my lucky sherbet ring en my fake necklace.

Comments are closed, but trackbacks and pingbacks are open.